Angelina Jolie | |
Angelina Jolie in Junie 2014
| |
Geboortenaam | Angelina Jolie Voight |
---|---|
Geboorte | 4 Junie 1975 Los Angeles, Kalifornië (Verenigde State) |
Nasionaliteit | Verenigde State Kambodja |
Ouers | Jon Voight Marcheline Bertrand |
Lewensmaat | Jonny Lee Miller (1996–2000) Billy Bob Thornton (2000–2003) Brad Pitt (2014–2016) |
Kinders | 6 (3 is aangenome) |
Beroep(e) | Akteur, rolprentvervaardiger |
Aktiewe jare | 1998- |
Rolprente | Girl, Interrupted, Maleficent |
Toekennings | 3 Golden Globes |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Angelina Jolie (gebore Voight; 4 Junie 1975 in Los Angeles, Kalifornië) is 'n Amerikaanse aktrise, filmvervaardiger en humanis. Sy het 'n Oscar, twee Screen Actors Guild-toekennings en drie Golden Globe-toekennings ontvang, en is bekend as Hollywood se hoogsbetaalde aktrise.
Jolie het haar rolprentdebuut as kind saam met haar pa, Jon Voight, gemaak in Lookin' to Get Out (1982). Haar filmloopbaan het 'n dekade later in alle erns begin met die kleinbegrotingproduksie Cyborg 2 (1993), gevolg deur haar eerste hoofrol in 'n groot rolprent, Hackers (1995). Sy het in die kritiesbekroonde biografiese televisiefilms George Wallace (1997) en Gia (1998) opgetree, en het 'n Oscar vir die Beste Byspeler vir haar toneelspel in die drama Girl, Interrupted (1999) ontvang.
Jolie se hoofrol as die videospelheldin Lara Croft in Lara Croft: Tomb Raider (2001) het haar as 'n leidende Hollywoodaktrise gevestig. Sy sit haar suksesvolle aksiesterloopbaan voort met Mr. & Mrs. Smith (2005), Wanted (2008), en Salt (2010), en ontvang lof vir haar optredes in die dramas A Mighty Heart (2007) en Changeling (2008 ), wat haar 'n nominasie vir 'n Oscar as beste aktrise besorg.
Sedert 2010 het sy haar loopbaan uitgebrei met die regie en vervaardiging van die oorlogdramas In the Land of Blood and Honey (2011) en Unbroken (2014), asook die romantiese drama By the Sea (2015). Haar grootste sakesukses sover is die fantasieprent Maleficent (2014).